DIE SKOOL

MEER OOR ONS

WOEL EN WERSKAF

VISIE
In die Preprimêre skool Woel en Werskaf word kleuters sinvol voorberei om as gebalanseerde volwassenes hulle roeping in Suid-Afrika na te kom.

MISSIE
In die Preprimêre skool Woel en Werskaf:

  • dien die Nasionale CAPS Kurrikulum as rigsnoer vir aktiwiteite;
  • sal geen diskriminasie ten opsigte van gelowe toegelaat word nie.
  • is Afrikaans die medium waardeur groepsonderrig plaasvind en Afrikaans die medium waardeur individuele kommunikasie plaasvind;
  • word daarna gestreef om aan alle kleuters geborgenheid te verskaf in ‘n beskermde, veilige omgewing;
  • word gestreef na hartlike samewerking tussen ouers, onderwysers en die gemeenskap;
  • vind opvoedende onderrig op informele wyse plaas ooreenkomstig die vlak van die kleuter.

ALGEMENE

REëLS EN REGULASIES

Aankomstyd vir alle groepe is vanaf 07:00 – 08:00. Ouers kan kinders vanaf  12:30 – 13:30 kom haal. ‘n Onderwyseres op vroeë- en laatdiens sal soggens om 07:00 by die skool wees en die middae tot 13:30 of 13:45 indien   nodig.  Moet asseblief nie u kleuter voor 07:00 soggens alleen voor die hek laat nie. Die onderwyseres op vroeë diens sal stiptelik om 07:00 die hek oopsluit. Die hek sluit 08:00. Wees ASB betyds. Die hek maak stiptelik om 12:30 oop.  Moet asb. nie voor die tyd die klokkie druk nie.

Ons doen ‘n dringende beroep op u, om u asb. by bogenoemde tye te hou, omdat dit die algemene roetine en dissipline in die skool baie vergemaklik.  Kleuters moet deur hul ouers by die skool besorg en afgehaal word.  Ter wille van u kleuter se veiligheid en as deel van ons noodplan, moet u ons te alle tye laat weet indien ‘n ander persoon (as oorspronklik gereël) u kleuter by die skool kom haal. Hierdie reëling moet verkieslik skriftelik gedoen word.

Reël asb. ook vooraf  indien u weens onvermydelike omstandighede u kleuter buite vertrektye by die skool moet kom haal.   (Dit word net in uitsonderlike gevalle toegelaat). Ons versoek u vriendelik om asb. alle afsprake, swemlesse ens. vir die namiddag te reël.

Let wel:  Wees asb. altyd betyds soos met u kleuter afgespreek.  Indien u laat kom, sal u kleuter vrees dat u hom vergeet het en dit laat hom/haar  baie onveilig voel!   Indien bogenoemde tye (punt 11), u nie pas nie word u dringend versoek om die hoof vooraf in dié verband te spreek.

AANKOMS

U, vergesel u, u kleuter tot by sy/haar klassie en oorhandig die kleuter aan klas- onderwyseres. (Sien wenke agterop om afskeid te vergemaklik).

VERTREKTYE

U kleuter moet deur ‘n volwasse persoon gehaal word.   Kleuters sal nie saam met boeties of sussies kan huis toe gaan nie – en beslis ook nie met fietse, indien nie onder volwasse toesig nie. Die hek word stiptelik 12:30 oopgemaak.  Moet asb. nie vroeër kom nie, dit is storietyd en die klassie word ontwrig indien u vroeër kom.

INFORMASIE OOR ONS

ADDISIONELE DIENSTE / AKTIWITEITE

ARBEIDSTERAPIE

'n Arbeidsterapeut besoek ons skool weekliks op Dinsdae. Gesels gerus met u kleuter se klasonderwyseres hieroor, of skakel Riana van Romburg by 018-2933887 of 082 855 5535

SPRAAKTERAPIE

Ons spraakterapeut besoek die skool gereeld om kleuters met taaluitbreiding en ouditiewe persepsie ens. te help. Skakel Anine Coetzee by 082 775 3128 vir meer inligting.

NASORGSENTRUM

Ons skool beskik ook oor 'n Nasorgsentrum wat namiddae en vakansies deur bekwame personeel behartig word slegs vir Woelie kleuters. Kontak mev. Chrisna Coetzee: 067 431 7361

TROMPOPPIES

Slegs Gr.R dogtertjies kan hieraan deelneem. Dit word deur ‘n personeellid van die skool aangebied. Meer besonderhede word later aan die betrokke ouers uitgestuur. Kontak gerus die skool vir verdere navrae.

KINDERKINETIKA

Eenmaal per week bied M-graad PUK studente bewegingsaktiwiteite by die skool aan tydens vertrektyd. Vir meer inligting skakel asb vir Barry Gerber by 072 581 9629

DANCE FIT

Dansklassie word weekliks aangebied deur Cari Pelser. Kontak haar by 076 021 3052 vir meer inligting

Experi Maaitjies

Slegs Gr R - Kontak Tanya Price +27 83 301 9103 vir meer inligting

TENNIS

Kontak Werner Joubert by 083 264 1832 vir meer inligting.

KIDDI BEAT

Kiddi Beat musieklessies in klein groepsverband word eenmaal per week tydens vertrektyd aangebied. Vir meer inligting kontak Grethe Uren by 084 513 5098

REKENAARKLASSE

Stimulus Maksima. Skakel vir Letitia Els by 082 377 7728 vir meer inligting.

KRIEKET

Krieket afrigting word weekliks tydens vertrektye vir ons seuntjies aangebied deur Baillie Krieket. Vir meer inligting skakel Mnr. Jaco Vermaak by 067 415 7996

RITMIESE GIMNASTIEK

Ritmiese gimnastiek word weekliks tydens vertrektye aangebied. Vir meer inligting kontak Ninette Thiart by 072 409 6779

HOKKIE

Hokkie word weekliks aangebied deur Claudio Lucas. Kontak 079 279 1288 vir meer inligting

NWU MUSIEKSKOOL

Vir meer inligting kontak Prof Mignon van Vreden by 081 405 8084

TJOMME MET SOMME

Kontak Estia Joubert by 072 182 8866 vir meer inligting

KRIEKET

Krieket afrigting word weekliks tydens vertrektye vir ons seuntjies aangebied deur Baillie Krieket. Vir meer inligting skakel Mnr. Jaco Vermaak by 067 415 7996

SMART BRAIN

Kontak Zuanda Wessels by 084 814 6966 vir meer inligting

PLAYBALL

Kontak Cara Hammond by 083 892 7514 vir meer inligting.

BESTE PERSONEEL

BEKWAAM, ERVARE EN OPGELEI

DSCF4703copy
DSCF4696copy
DSCF4735copy
DSCF4699copy
3R9A5488copy
DSCF4722copy
DSCF4740copy
DSCF4688copy
3R9A5587copy
3R9A5248copy
3R9A5478copy
3R9A5705copy
DSCF4701copy
DSCF4725copy
DSCF4733copy